Diensgeleenthede

Ons gemeente bied `n wye spektrum aan van aktiwiteite waar jy kan inskakel. Vra jouself af, watter gawes of talente jy het, en hoe jy dit kan aanwend in die Koninkryk van God. Dit is een van die mees vervullende belewenisse om jou gawe nie onder die grond te begrawe nie, maar dit aan te wend tot eer van God. Wat kan jy met jou lewe vir God doen?

Alle areas:(enige plek op aarde)

Gebedsbediening
Evangelisasiewerk
Bybelstudiegroepe
Word `n verteenwoordiger van ons kerk in jou omgewing

Meer spesifiek in die Pretoria-omgewing:

Naasteliefde
Hospitaal-, sieke-, bejaardes- of gevangenisbesoek
Kospakkies aan behoeftiges
Tydelike huisvesting aan haweloses
Werkverskaffing of werksoek vir werkloses
Saamrygeleenthede aanbied

Groepe

Verhoudingsverryking
Enkellopendes
Manne
Vroue
Jongmense (tot ouderdom 35)
Gay ouers
Getroude gay mense
Sosiale uitstappies
Gespreksforum - bespreek aktuele sake

Kerkleierskap

Gemeenteraad
Kategeet - aanbieding van lidmaatskapklasse
Bybelstudieleier
Berader

Administrasie

Rekenaar woordverwerking
Bladuitleg vir kerkpublikasies
Grafiese kuns
Fotostatering
Telefoondiens in die kerkkantoor
Vertaalwerk (Afrikaans-Engels)
Versending van massapos (vou en plak!)

Praktiese dienswerk

Webtuiste instandhouding
Rekenaar programmering “software”
Rekenaar diens en onderhoud “hardware”
Elektrisiën
Houtwerk
Dékor
Karweiwerk (het jy `n bakkie?)
Sekuriteit - patrollering van voertuie tydens kerkbyeenkomste

Talente

Speel van musiekinstrumente
Blommerangskikking
Fotografie
Sang: solo of koor
Teken, ontwerp, beeldhou of skilder
Kunsvlyt: vaardig met jou hande
Kosmaak vir groot groepe

EN NOG BAIE MEER! DAAR IS VIR ALMAL PLEK IN DIE KERK OM IETS VIR DIE HERE TE DOEN.