Lidmaatskap

Vereistes vir lidmaatskap

Indien jy reeds belydenis van geloof afgelê het in enige van die tradisionele kerke met `n Gereformeerde belydenis, aanvaar ons jou by ons as lidmaat indien jy daarom aansoek doen. Ons sal net graag met jou `n paar lidmaatskapklasse wou deurloop, waar die volgende sake behandel word:

Gaywees en Christenskap
Die “veroordelende tekste” in die Bybel
Aanvaarding van gelowiges uit ander kerktradisies
Geskiedenis van die Reformerende Kerk
Rentmeesterskap
Ek en my persoonlike geloofslewe

Indien jy vanuit `n kerklike agtergrond kom wat nie-Gereformeerd is, sal dit nodig wees om, bykomend tot bogemelde tema's, ook nog `n lesing of lesings by te woon oor die Gereformeerde kerkleer.

In die gees van deursigtigheid en eerlikheid, wil ons dit duidelik stel dat ons by die Reformerende Kerk Pretoria `n baie sterk Afrikaanse Gereformeerde inslag het. Indien jy “onherroeplik” Pinkster of Charismaties is, verwys ons jou graag na die ander bedieninge in ons kerk wat beter aan jou geestelike behoefte sal voldoen.

Navrae - Lidmaatskap:

Skriba: Hendrik Mulder
082 786 3611
hendrikmulder@tiscali.co.za