Aktuele sake / Current affairs Gay en Christen / Gay and Christian Ons glo dat gay mense ook Christene kan wees. Waarom sê ons so? Want enige mens kan ‘n Christen word! “So lief het God die wêreld gehad, sodat elkeen wat in glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Johannes 3:16) Dit gaan dus oor geloof en nie oor seksuele oriëntasie nie. Dit is moontlik vir ELKEEN WAT GLO - dus ook vir die gay mens wat GLO. Ons glo dat ons deur geloof - en alleen deur geloof vir God aanvaarbaar word. Daar is niks wat mense van hulle kant af kan doen om by God aanvaarbaar te word nie. Vir baie eeue verkondig die tradisionele kerke dat mense alleen gered word deur genade en nie deur werke nie. Die Here Jesus het alles gedoen wat nodig was om die mensdom weer by God uit te bring, deur sy lewe op te offer aan die kruis. Gay mense hoef nie hulle seksualiteit “op te offer” om by God aanvaarbaar te word nie! Die oomblik wanneer `n mens probeer om iets TE DOEN om by God aanvaarbaar te word, sou dit neerkom op `n miskenning van die unieke offer van Jesus - en dit is nie wat God van ons verwag nie! • Ons glo dat gaywees nie `n sonde is wat bely moet word nie. • Ons glo dat gaywees nie `n afwyking is wat reggestel moet word nie. • Ons glo dat gaywees nie `n siekte is wat genees moet word nie. • Ons glo dat gaywees nie `n demoon is wat uitgedryf moet word nie. • Ons glo dat gaywees `n voorreg is. • Ons glo dat gaywees `n gawe van die Skepper is wat met dankbaarheid uitgeleef kan word. Veroordelende tekste / Clobber texts Probleemstelling: Op grond van `n paar tekste in die Bybel is baie mense daarvan oortuig dat gay mense vir God onaanvaarbaar is en dat hulle eers van hulle sondige lewenswyse moet afstand doen voordat hulle gered kan word. Maar, wat sê die betrokke Bybeltekste regtig? Kliek hier om ‘n pdf hieroor af te laai. / Click here to download a pdf regarding these: Uitkom / Coming out “Uitkom” beteken om teenoor iemand te erken dat jy gay is - sekerlik een van die moeilikste stappe wat jy ooit in jou lewe kan neem! Wat dit so moeilik maak, is die feit dat jy `n groot onthulling oor jouself maak. Jy ontbloot `n wesenlike deel van jouself aan iemand anders, en dit maak jou kwesbaar. Wanneer jy besluit om uit te kom, loop jy die risiko om deur daardie persoon gespot, beledig of verwerp te word, wat vanselfsprekend `n baie onaangename ervaring sal wees! Daar's verskillende redes waarom jy soms die begeerte mag hê om uit te kom. Ons noem net kortliks `n paar daarvan. Kliek hier om ‘n pdf af te laai! / Click here to download a pdf regarding these: Gay huwelike / Gay marriages Huwelik beplanning? Kontak ... www.prideweddings.co.za of www.bestmen.co.za |